fbpx

Stel jou testament gratis op!

Praat met ons in jou taal, want ons verstaan die moontlike ongemak en kompleksiteit met die opstel van ‘n testament. Ons wil dit vergemaklik deur jou tuis te laat voel.

Kontak Eksekuteurs

Voltooi die vorm en ons bel jou dadelik vir ‘n afspraak vir jou gratis konsultasie.

Daar is ’n testament wat by jou behoeftes pas

Almal het ’n testament nodig, en ons is trots daarop dat ons die ideale oplossing het – hoe eenvoudig of ingewikkeld die situasie ook al mag wees.

Eenvoudige en ingewikkelde testamente

Ons stel testamente vir enkelouers, broodwinners, vir dié wat baie het en vir dié wat min het op. Ons testamente is nommerpas opgestel deur ons om al jou unieke testamentêre behoeftes te bevredig.

Wêreldwye en buitelandse testamente

Of jy nou bates in Suid-Afrika of in die buiteland besit, ons sal sorg dat jou testament voldoen aan die betrokke wette, sodat al jou bates beskerm is ongeag die land waarin hulle geleë is.

Testamente en doelgedrewe trusts

Van kindertrusts tot trusts vir verskaffers (spesiale behoeftes) en selfs weduweetrusts: al ons trusts sorg dat jou nalatenskap aan dié wat jy liefhet beskerm word deur kragtige doelgedrewe trusts

Hoekom sou jy jou erflating aan ons toevertrou?

Ons weet dat dit moeilik en ongerieflik kan wees om ’n testament op te stel, en dis hoekom ons na jou toe kom om die proses maklik en gerieflik te maak.

Laat weet ons wanneer dit jou pas, dan kom ons na jou werk of huis toe, tydens of na kantoorure, om ’n pasgemaakte testament op te stel wat voorsiening maak vir al jou testamentêre behoeftes en wense.

Eenvoudig

Ons kom na jou toe, by die werk of tuis, gedurende of na kantoorure, om jou behoeftes ten opsigte van jou testament en boedel te bespreek.

Doeltreffend

Ons spesialis-konsultante stel dan jou testament met behulp van die nuutste, maar ook unieke tegnologie op en stuur die konseptestament binne 48 uur.

Aanpasbaar

Ons het al die oplossings wat jy nodig het, van eenvoudige testamente tot ingewikkelde testamentêre trusts en boedelvereistes. Ons het die bedryf se toonaangewende oplossings vir doelgedrewe trusts om elke situasie te kan hanteer.

Bekostigbaar

Ons vra niks vir die opstel, bywerk of veilige bewaring van jou testament nie. Ons konsultante sal ook jou werklike afsterwingsskoste bereken en jou leiding gee met die beplanning om hierdie kostes te dek. Vanaf slegs R87,31 per maand kan ons unieke Legacy Protection Plan™ jou geliefdes vrywaar van alle regskoste soos fooie van eksekuteurs, transportbesorgersprokureurs, testamentêre trusts en van ander uitgawes wat ontstaan wanneer jy sterf.

Ons werk hard daaraan om dit maklik te maak om jou testament gereed te kry.

Stap 1 vir testament opstel

Stuur vir ons jou besonderhede

Stuur jou besonderhede in, ons bel jou vir ’n afspraak op ’n tyd en plek wat vir jou gerieflik is.

Persoonlike konsultasie

Ons deskundige konsultante ry na jou toe om jou behoeftes te bepaal en jou deur die opstelproses van die testament te lei.

Ons stel jou testament op

Ons stuur die eerste konseptestament binne 48 uur. In hierdie stadium kan ons enige wysiging aanbring en seker maak dat jy heeltemal tevrede is.

Finale testament geteken en afgehaal

Sodra jy die testament onderteken het, druk jy net ’n knoppie en ons kom haal jou testament, kosteloos.

Ons verskaf ook lewensdekking!

Getuigskrifte van kliënte

Het jy geweet?
Amper 75% van alle Suid-Afrikaners sterf sonder ’n geldige testament – wat rampspoedige gevolge vir hul gesinne en familielede kan hê.
Het jy geweet?
Om jou testament op te stel hoef nie ’n moeilike of ingewikkelde proses te wees nie ons konsultante ontmoet jou waar en wanneer dit jou pas. Vir jou gerief het ons ook aanlyn konsultante beskikbaar.
Het jy geweet?
Die meeste mense beplan nie of dink selfs nie daaraan om voorsiening te maak vir regskoste, soos eksekuteursfooie, wat met afsterwe gepaard gaan nie. Onvoldoende beplanning kan jou boedel finansieel verlam en jou beoogde nalatenskap wegvreet.
Het jy geweet?
Die bereddering van ’n boedel kan maande of selfs jare neem. Eksekuteurs spog met ’n gemiddelde boedelafhandeling van 6 tot 9 maande – minder as die helfte van die gemiddelde tyd in ons bedryf.
Het jy geweet?
Wanneer jy sterf, word jou bankrekening gevries, wat dit vir jou gesin moeilik maak om transaksies te verrig. Eksekuteurs se Immediate Liquidity TM sorg dat daar onmiddelik kontant vir jou gesin beskikbaar is vir goed soos doodskoste, reis, begrafnis en dies meer.
Het jy geweet?
Die meeste mense neem aan dat lewensversekering, of die boedel, hul maandelikse lewenskoste (soos munisipale en ander rekeninge, huur, kruideniersware, ens.) sal dek wanneer hulle sterf. Maar polisuitbetalings word dikwels vertraag, en die boedel kan nie verdeel word voordat hy afgehandel is nie – wat die gesin se kontantvloei belemmer. Eksekuteurs se Estates Overheads Protector™ help om hierdie noodsaaklike uitgawes te dek.
Het jy geweet?
Jou testament is nie geldig as dit nie korrek onderteken en twee onafhanklike partye dit mede-onderteken het nie. ’n Ongeldige testament is dieselfde as geen testament.
Het jy geweet?
’n Getuie van ’n testament kan nie ‘n begunstigde van die testament wees nie. As jou gade dus jou testament as getuie geteken het, kan dit deur die hof as ongeldig verwerp word.
Previous slide
Next slide

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Kontak Eksekuteurs

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Boedeladministrasie

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou ter ugkom

keyplan

Om staatswerknemers te help om ‘n blywende nalatenskap na te laat.

Complete the fields below, and we will get right back to youComplete the fields below, and we will get right back to you

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom.